ONS ROEPING
Die Kommunikasie & Beeldbestuur Bedieningsgroep streef daarna om deurlopend te verseker dat die beste kommunikasie mediums benut word om die Magaliesberg Gesinskerk roeping, beeld en die Blye Boodskap intern en ekstern tot die gemeente te versprei en te bemark. Ons kry leiding uit die Woord van God:
Julle kan aan julle nageslag gaan vertel hoe Ek met al hierdie dinge wat Ek gedoen het, die Egiptenaars belaglik gemaak het. Ek het dit gedoen om vir julle te wys hoe sterk Ek is en om julle almal te oortuig dat Ek werklik die Here is.”
ONS AKSIEPLAN
BEELDBESTUUR
Die taak van die Beeldbestuur Koördineerder is om ‘n eietydse beeld vir die Magaliesberg Gesinskerk te skep, en dit in media en aanlyn uit te beeld.
SOSIALE MEDIA
Die taak van die Sosiale Media Koördineerder is om die doelgedrewe identiteit van die gemeente in sosiale media uit te beeld.
WEBWERF
Dit het nodig geword dat die gemeente ‘n doelmatige tegnologiese platform daarstel en onderhou om alle kommunikasie middele te gebruik om effektief te kommunikeer binne en buite die gemeente. Die webwerf speel hierin ‘n groot rol.
AKSIESPAN
VOLG BINNEKORT